Plaas terme en wat hul beteken

Share

Ons het plase, wildplase en ‘lodges’ of die mooi Afrikaanse woord, bosherberge te koop in die Waterberg streek van Limpopo, die mees noordelike provinsie van Suid Afrika.

As jy belangstel om 'n eiendom te koop of om jou plaas te verkoop dan nooi ons jou graag om met ons kontak te maak.

Die eindomme wat ons te koop aanbied kan ten volle ontwikkeld of heeltemal onontwikkeld wees en kan gebruik word vir beeste of wild.  Hul mag groot plase of klein plasies wees.  Dit maak nie saak nie, die groot ding is ons almal deel ‘n liefde vir die natuur en wildlewe.

Wildsplase het gewoonlik ‘n vol wildsheining reg rondom die plaas.  Die heining is tipies 2,1m of 2,4m hoog.  Beesplase daarinteen het gewoonlik slegs ‘n gedeelte wat wildwerend omhein is – ‘n kant of meer maar nie alles nie – en die res beesdraad.  Beesheinings is gewoonlik 5 voet of 1,5m hoog en sekere van die lyne is van doringdraad.

‘n Klompie van die plaas kopers wil die grond gebruik om ‘n ekotoerisme onderneming te begin.  Ander weer ‘n jag onderneming of wil die grond onderverdeel vir ‘n eko-residensiele ontwikkeling.  Die grootste groep koop egter ‘n wildplaas om dit persoonlik te geniet en koop die houkoste daarvan af deur verskillende kontantvloei genererings metodes – jag, lewendige wildveilings, ekotoerisme, ens.

Afhangende van die grootte van die grond of die streek van waar jy kom, word baie verskillende terme gebruik om natuur en wildlewe eiendomme te beskryf.  Die terme wat gebruik word sluit in plaas, reservaat, privaat wildreservaat, privaat natuurreservaat, landgoed, wildpark, wildtuin, natuurgebied, erfnisgebied en nog talle meer.

Selfs wanneer ‘n plaas sonder ‘n wildheining is kom daar dikwels kleinwild op voor en van tyd tot tyd trekwild.  Die inwonende wild mag steenbok, bosvark, vaalribbok, rooiribbok, bruin hiëna, klipspringer, gewone blouduiker, jakkals, rietbok, bosbok en krokodil insluit afhangende van waar die plaas is, die topografie, terrein en plantegroei.  Rooikat, wildehond, luiperd en koedoe is gewoonlik migrerend.

Daar word na wild wat nie in kampies op ‘n plaas aangehou word nie as ‘vrylopend’ verwys.

All omheinde wildplase hou egter nie die Groot 5 aan nie – leeu, luiperd, olifant, renoster en buffel.  Vir die aanhou van die diere moet spesiale permitte bekom word.  Permitte word ook benodig vir die aanhou van swartwitpense en bastergemsbokke.

Baie wildplase het egter drie van die Groot 5 – renoster, buffel en migrerende luiperd.  Slegs ‘n uitgelese groepie het vier of al vyf die Groot 5 diere.  Olifante benodig duisende van hetare grond om aan te hou en gewoonlik word na die plase as reservate verwys weens die grootte van hul grond.

Die aanhou van ‘n trop vrylopende leeus kan baie duur wees en benodig baie maal die inbring of toevoeging van nuwe wild om krimpende getalle weens predasie teen te werk.  Die oprigting van ‘n reservaat waar natuurlike wildaanwas hoër is die predasie punt van al die roofdiere gesamentlik – leeu, luiperd, hiëna, jakkals en ander – is amper onmoontlik tensy die roofdier getalle aktief bestuur word.

Meeste plase het ‘n huis op, party het bosherberge en Chalets (boshutte of berghutte) as aanhangsels en nog ander het boskampe of jagkampe.  Op groot plase of reservate word addisionele akkomodasie vir plaasbestuur, werkers en arbeiders ook gevind.  Die huisvesting word huise, woonstelle of staf akkommodasie genoem.

‘n Paar plase het landingsstroke vir ligte vliegtuie.  Die landingsstroke of aanloopbane is normaalweg tussen 900m en 1200m in lengte.  ‘n 1200m landingsstrook is geskik vir ‘n twee motorige Kingair.

Wat is ‘n plaas sonder ‘n dam?  Gronddamme, waarvan die damwalle geskraap word uit die dambodem, is baie algemeen op plase.  Ongelukkig is nie al die damme suksesvol om heel jaar water te hou nie en het dus net in die reëntyd en vir ‘n rukkie daarna water.

Ander water infrastruktuur wat op plase voorkom is natuurlike of mangemaakte panne, poele, trôe, boorgate of putte.

Teelkampe, hekke, store, afdakke, werkswinkels, slagkamers, velkamers, instap koelkamers, uitkyk platforms en brûe is van die ander infrastruktuur wat op wildplase aangetref word.

‘n Aantal plase het ‘n rivier of spruit wat op ‘n grens van die eiendom verbyloop of deur hul vloei.  Meeste van die riviere of spruite is egter seisonaal van aard en vloei net gedurende die reënseison en vir ‘n rukkie daarna.

Die noordelike provinsie van Limpopo val in die somer reënvalstreek en dus val die grootste deel van die reen in die somermaande van November, Desember, Januarie en Februarie.

Afhangend van die ligging van die plaas sal die topografie beskryf word as plat, rollend, heuwelagtig of bergagtig of ‘n kombinasie van die voorafgaande.  Uitstaande kenmerke op ‘n plaas kan insluit ‘n berg, heuwel of koppie, rotsplate, vallei of plato.

Limpopo is ware Afrika.  Dit is ook bekend as die Bosveld en bestaan uit savannah of dan bome, bos en veld of dan bosveld.

In die laaste dertig jaar was daar ‘n sterk beweging weg van beesboedery na wildboerdery, jag, ekotoerisme en ander aksie aktiwiteite op die plaasgronde.  Die hoof drywer vir die verandering is dat die omgewing baie meer geskik is vir wildboerdery as beesboerdery en daarom ook baie meer ekonomies volhoubaar.

Individuele motiverings vir die aanskaf van ‘n plaas verskil maar grond bly ‘n goeie belegging met goeie kapitaalgroei oor die medium tot lang termyn.

Die Waterberg streek het baie bekende en ook internationaal erkende private wildreservate en parke soos Welgevonden, Marakele, Shambala, Kwalata, Lapalala, Touchstone, Mokolo, Entabeni, Ka’ Ingo, Doorndraai, Mabula, Mabalingwe, Kaya-Ingwe Bonnaphala, Kamonande, Thiane, Bateleur, Bospoort, Waterberg Kloofs, Schamach, Serendipity, Naauwkloof, Ubamanzi, Alkantrant, Haasjesveld, Madikela, Mateke, Taaibos en Ben Alberts om ‘n paar te noem.

Dorpe en ander verwysingsplekke in die Waterberg streek sluit in Warmbad (sy nuwe naam is Bela Bela), Nylstroom of nou Modimolle, Naboomspruit of nou Mookgophong, Vaalwater, Alma, Ellisras of nou Lephalale, Potgietersrus of nou Mokopane, Thabazimbi, Melkrivier, Vier-en-Twintig Riviere, Palala, Elmeston, Afguns, Hermanusdorings, Rankin’s Pass, Rooiberg, Dwaalboom, Makoppa, Sentrum, Rooibokkraal en Silent Valley.

GameProp Consult is jou professionele eiendomskonsultant of dan plaas kopers’ agent of sommer net plaasagent.  Gee ons ‘n lui, ons help graag.

Share

Leave a Reply




XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Notify me of followup comments via e-mail. You can also subscribe without commenting.